Voorskou-opening

Meertalig
120 Minute

9 Oktober

17:00
Gratis

Frank Kilbourn, uitvoerende voorsitter van Strauss & Co, nooi u hartlik uit na die opening van die voorskou van ’n keur uit Suid-Afrikaanse en internasionale moderne en eietydse kuns wat op 25 Oktober in Kaapstad en op 7 November in Johannesburg op veiling te koop aangebied sal word. ’n Pas ontdekte meesterstuk deur Pierre-Auguste Renoir word by die internasionale veiling op 25 Oktober verkoop en is die hoogtepunt van die voorskou. ’n Paar buitengwone uitsoekbeeldhouwerke deur Sydney Kumalo en Ezrom Legae, uit twee private versamelings, is ook te sien. Kom geniet die aand saam met ons in die Oude Leeskamer-galery. Vonkelwyn en canapes word bedien.

Bevestig bywoning by Bina Genovese bina@straussart.co.za