AFGESTEL | CANCELLED
Mandri Sutherland (alias Vroudrie) keer terug na die Toyota Stellenbosch Woordfees met haar tweede eenvroustuk, wat baie soos haar debuut is en ook glad nie. Dié slag fokus sy op vroue wat haar definieer, kritiseer, irriteer, uitdaag en inspireer. Met ’n kombinasie van storievertelling en uitspattige karaktervertolking werp sy lig, liefde, humor en vet op die Afrikanervrou se swaarhede, waarhede en besienswaardighede.