Wat nie doodmaak nie, sal jou dalk sterker maak?

Afrikaans, Engels
60 Minute

12 Oktober

18:00
Gratis

Bakterieë, virusse, fungi en parasiete het oor biljoene jare die vermoë ontwikkel om in verskillende omgewings te oorleef. Nou het sommige van hierdie “supergoggas” begin om weerstandigheid teen natuurlike én mensgemaakte antibiotika te toon. Prof. Ann Louw gesels met prof. Marina Rautenbach van die US se Departement Biochemie, asook prof. Andrew Whitelaw, hoof van die afdeling Mediese Mikrobiologie by die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, oor hoe die wetenskaplike en geneeskundige gemeenskap hierdie sluimerende openbare gesondheidskrisis aanspreek.