Om kinders te hê is ’n verbysterende ervaring. Verwag vloermoere, ineenstortings, angs en teleurstelling – en dis nog net die ouers! In We Were Perfect Parents Until We Had Children het Vanessa Raphaely en Karin Schimke raad en insigte byeengebring van die ware kenners: gewone ouers wat deel is van The Village, Raphaely se aanlyn gemeenskap waar ouers mekaar moed inpraat, ondersteun en laat lag! Katryn Kruger, internasionale model en ma, gesels met Vanessa en Karin oor die uitdagings, vreugdes en verrassings wat ouerskap meebring.