Die bekroonde skrywer, aktrise en visuele kunstenaar Sue Pam-Grant se jongste eenvrouvertoning is geïnspireer deur die lewe en werk van Louise Bourgeois, een van die produktiefste en fassinerendste visuele kunstenaars van die 20ste eeu. In hierdie portret word die verhoog getransformeer in ’n poëtiese, liminale ruimte wat die grens tussen galery, teater en kunstenaarsateljee ophef namate die gehoor Die Kunstenaar se worsteling met haar werk, lewe en persoonlike duiwels beleef. Benoem vir ’n Fleur du Cap-prys vir beste prestasie in ’n soloproduksie.
Venue: 38 Ryneveld Street