WOORDFEES- WYNSKOOL: PINOTAGE 101

Afrikaans, Engels
Geen o.18 (Alkohol)
90 Minute

12 Oktober

18:00
R170 | R200 by die deur

Leer, proe, spoeg of sluk – die Woordfees- wynskool is ’n prestige (maar allermins snobistiese) geleentheid om meer oor wyn te leer. Meld aan vir drie klasse oor verskillende kultivars en style, aangebied deur wynmakers, wynpersoonlikhede en ’n komediant. Ontvang boonop ’n Woordfees- wynskool-sertifikaat ná elke suksesvolle bywoning sodat jy tuis kan spog met jou geleerdheid. Die sessies dek Bubbly 101, Chenin Blanc 101 en Pinotage 101.

Aangebied deur Stellenbosch-wynroetes

Met: Martelize Brink