Vanjaar se jaarlikse kunsuitstalling en -veiling van die Toyota Stellenbosch Woordfees, in samewerking met Strauss & Co, is ’n geskeduleerde aanlyn veiling. Teresa Lizamore is die kurator van die uitstalling en kunswerke sal vir die duur van die fees in die Stellenbosse stadsaal ten toon gestel word. Die kunswerke op die veiling sluit werke in van gevestigde én opkomende kunstenaars. Bieërs kan op hul persoonlike toestel aanlyn in die stadsaal bie óf van enige ander ligging af.
Uitstalling is daagliks 10:00-18:00 oop.
ALLES IN FOTO’S
’n Solo-uitstalling deur Karin Preller
Alles in foto’s is ’n gepaste inleiding tot Strauss & Co. se veiling-uitstalling. Alles in foto’s is ’n verwysing na die Toyota Stellenbosch Woordfees se tema speel / play en kyk na die konsep van teater binne die skonekunste. Teresa Lizamore is ook die kurator van die uitstalling.
Daagliks 10:00-18:00
Stellenbosch-stadsaal