Toyota Musiekfees
Meertalig
120 Minute

3 Oktober

19:00
R180 | R210 by die deur | R350 VIP

Die Worldplay-sessies word aangebied in die styl van ’n speletjiesprogram waarin digters en musikante voor ’n gehoor saamspan. ’n Paar van Suid-Afrika se uiteenlopendste digters is aan die woord om, in samewerking met innoverende musici en klankontwerpers en -tegnici, die mikrofone én die gehoor aan die brand te steek. Hierdie betowerende sessies is een van die opwindendste kunsvorme wat ’n blik bied op die Suid-Afrikaanse psige.

Met Toast Coetzer, Jaco van der Merwe, Jolyn Phillips, Modise Sekgothe, Jerome Rex, Jotam Schoeman, James Robb, Louwrens Ferreira, Bronwen Clacherty, Ronald die Winterwelpie

In samewerking met WÊRELD
Regisseur en seremoniemeester Jaco van der Merwe