WOW-dag vir graad 11-leerders

Meertalig
360 Minute

14 Oktober

08:00
Gratis

Die toekoms wink. Bekende rolmodelle en alumni van genooide skole gesels met voornemende studente en motiveer hulle om eendag hulle drome aan die US te kom verwesenlik. Daarna gee Afrikaans-spesialiste van die WKOD wenke oor hoe om ’n NSS-vraestel vinnig en suksesvol kaf te draf. Ná ’n sessie oor tersiêre studie aan die US deur die Afdeling vir Studentewerwing ontmoet leerders bekende akteurs, met ’n WOW-gesprekleier wat vrae hanteer. Spesiale gaste gesels met almal voordat daar musiek gemaak word. Agterna kuier almal saam by die WOW-verjaar-dagfees by die Van der Stel-sportgronde. 

Ontmoet by Krotoa-gebou se parkeerarea, Ryneveldstraat