Ongeveer 200 onderwysers en finalejaar-onderwysstudente volg ’n dagprogram wat bestaan uit waardevolle wenke vir taalstrukture en -konvensies aan die hand van die KABV en aangebied onder die bekwame leiding van WKOD-kundiges. Gesprekke oor welstand en die verantwoordelike gebruik van KI (of dan AI) in klaskamers word ook aangeraak. Junaid Anthony gesels oor die aanbied van ’n literêre boekefees by skole. Ná dié spesiale geleentheid sorg ’n genooide kunstenaar vir vermaak voordat almal ’n smaaklike ligte ete geniet.