Die jeugboekskrywer Jana du Plessis Müller deel 20 jaar se ervaring in die skryfbedryf met die hoërskoolspan. Sy het ’n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns, en buiten haar werk as joernalis, kopieskrywer en digitale bemarker, geniet sy dit steeds om stories te vertel. Haar 2024-roman, Borrelgom, kyk na hoe ’n jong meisie vinnig moet grootwoord sodat die lewe haar nie soos borrelgom opkou nie.