WOW-toneelslypskool

Meertalig
240 Minute

14 Oktober

09:00
Gratis (Plek is beperk)

Planke toe! Aspirantakteurs van WOW-skole leef vanjaar weer hulle kreatiewe drome uit in ons gewilde slypskole. Die Proscenium-dramakompetisie vind in 2024 plaas – leerders skryf individueel in en nie as deel van ’n skoolproduksie nie. In dié slypskool word hulle gehelp om vir die kompetisie tekste te kies en voor te berei vir die afdelings gedig, prosa en monoloog. Daar word ook kortliks gekyk na aspekte soos spel vir radio, televisie en oorklanking. Onderwysers is ook welkom by die slypskool. Deelnemers sal ’n produksie by die Woordfees bywoon en daarna aan ’n bespreking deelneem.