SKRYWERSFEES

WOW-trofees

Meertalig

7 Oktober

17:30

Die afgelope 20 jaar het verskeie mense bygedra tot die sukses van die WOW-projek. By hierdie glansryke geleentheid word belanghebbendes van die onderskeie projekaksies bedank en vereer vir hulle besonderse bydraes. Daarna geniet almal die fees as gaste by ons Langarm-snackdans.