SKRYWERSFEES

WOW-voorleesslypskool

Meertalig
150 Minute

12 Oktober

14:30
Gratis

In samewerking met Vriende van Afrikaans

“Hoekom moet ek lees? Meer nog, hoekom moet ek boeke lees? Komaan, Ma, ek lees die hele dag: WhatsApps, Twitter, Instagram…” Dié slypskool dek die belangrikheid van voorlees en hoe om ’n liefde vir boeke te bevorder. Ons wil seker maak kinders word lewenslange lesers wat optimaal kan leer. Kom sit aan tafel saam met die Vriende van Afrikaans en gesels oor kreatiewe maniere om kinders so vroeg as moontlik aan die wêreld van woorde bloot te stel.