Liandé Valentyn

Alles lê in die lengte van jou hare

Afrikaans
Familie
7 Minute
16 July, 2022
20:23
18 July, 2022
8:25
28 July, 2022
17:53
16 July, 2022
20:23
Onderhewing aan veranderinge

Skrywer: Stephren Saayman

Regisseur: Stephren Saayman

Vervaardig deur LitNet, Suidoosterfees, KKNK en NATi

Ondersteun deur Media24 en die LW Hiemstra Trust

Met: Liandé Valentyn

In Stephren Saayman se “ode aan mense wat hul trauma eers moet neerpen voor hulle daaroor kan praat”, speel Liandé Valentyn ’n moeder wat met haar ongelukkige kinderjare probeer vrede maak. Saayman het self die regie van sy monoloog behartig. Alles lê in die lengte van jou hare is deel van die Stemme-reeks – ’n reeks kort, kragtige monoloë wat tydens die pandemie met ondersteuning deur LitNet, Suidoosterfees, KKNK en NATi geskep is.