Azille Coetzee, in gesprek met Bibi Slippers
’n Millenniërroman deur die skrywer van In my vel, waarin drie vriendinne wat ’n studentewoonstel gedeel het die beroepswêreld betree en ’n pad moet vind deur verhoudings, seks, lojaliteit en die onsekerheid van 30. Bibi vra Azille uit.