Die Kaapstad Barokorkes bied ’n opwindende program van musiek uit gewilde 18de-eeuse operas aan waarin die virtuositeit en die spektrum van uitdrukking daartoe gelei het dat operasangers tydens die Barok-era net so gewild was soos sportsterre vandag. Die room van plaaslike Baroksangers kan gehoor word: Lynelle Kenned, Hlengiwe Mkhwanazi, Brittany Smith (soprane), Jason Atherton (tenoor) en William Berger (bariton), asook die nuutgestigte Lutesong Consort. Die konsert sluit musiek van Handel, Pergolesi and Purcell in, en is in die indrukwekkende Suid-Afrikaanse Sendinggestigmuseum in Langstraat, Kaapstad, verfilm. Die program word vanaf die klavesimbel deur die orkes se artistieke direkteur, Erik Dippenaar, gelei.