Glanssjef Bertus Basson verken saam met bekende vriende nuwe plekke en herontdek geskiedenis en erfenis in die pragtige strate van Stellenbosch.
Bertus kuier saam met sy drafmaat, die wynkenner Mike Ratcliffe, by Mike se gunstelingplekke op die dorp.