Boeremusiek & mirrorballs

Afrikaans
PG-13
60 Minute
15 July, 2022
15:32
17 July, 2022
4:04
21 July, 2022
18:30
23 July, 2022
15:37
25 July, 2022
17:39
Onderhewing aan veranderinge

Rocco de Villiers (klavier, alle verwerkings), Rixi Roman (baskitaar), Sonnet le Grange (tromme), Dylan Emsley (kitaar, konsertina), Christiaan Ras (trekklavier, kitaar), Lizelle le Roux (viool)

Kawai-klavier verskaf deur Ian Burgess – Simpson Pianos

Pianis Rocco de Villiers en sy orkes toor met gewilde keurspele deur verskeie boeremusieklegendes. Immergroen treffers van Nico Carstens, soos “Die klokkiewals” en “Zambesi”, en “Warm snare” van wyle Hansie Roodt, asook nommers van Jim Muller, Hendrik Susan, Ollie Viljoen en Taffie Kikillus word afgestof, blink gepoets en kry ’n nuwe huppel in die stap vir die 21ste eeu. Hierdie nostalgiese huldeblyk gee ’n kykie in die toekoms sonder om die verlede te vergeet. Voeg daarby ’n uitgevatte orkes en Rocco se sin vir humor, en almal se voete begin onwillekeurig jeuk.