Die naaimasjien

Afrikaans
Familie
15 July, 2022
10:30
17 July, 2022
6:40
19 July, 2022
20:00
24 July, 2022
13:00
26 July, 2022
0:59
Onderhewing aan veranderinge

Skrywer: Rachelle Greeff

Regisseur: Hennie van Greunen

Met: Sandra Prinsloo

Na honderde optredes landwyd van hierdie eenvroustuk met Sandra Prinsloo oor bykans drie jaar, en ’n onvergeetlike speelvak by die Edinburgh-fees in Skotland, kry die legendariese toneelstuk weer lewe. Magdaleen sit in haar ouetehuiskamer, besig om elke onderdeel van haar naaimasjien skoon te maak, want die vrou op die foon het gesê sy’s drie uur vanmiddag hier om dit op te tel. Terwyl sy dié konstante metgesel van die afgelope 55 jaar netjies blink vryf, gaan haar gedagtes na haar man en kinders. Met deernis en humor neem Magdaleen jou terug na ’n tyd van melkaflewerings, sykouse met nate, moerkoffie en melkskeiers. En sy herinner ons aan hoe ’n ma – soos ’n baboeshka-poppie – binne in elkeen van haar kinders staan.