Die Toyota US Woordfees is binne die Universiteit Stellenbosch deel van die afdeling Sosiale Impak en Transformasie – saam met die WOW-projek en die Universiteitskoor Stellenbosch wat deur die Woordfees bestuur word. In hierdie gesprek word daar besin oor die rol wat dié familie speel binne die kunste, die universiteit en in die skep van ’n sagter Suid-Afrikaanse samelewing.