Formidabele mense: Dalene Matthee

Meertalig
16 July, 2022
8:10
19 July, 2022
14:00
21 July, 2022
4:27
Onderhewing aan veranderinge

Dertien boeke het uit Dalene Matthee se pen verskyn. Sy is veral bekend vir haar “bosboeke” wat om Knysna afspeel: Kringe in ’n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos. Haar boeke is in 14 tale vertaal en sy het verskeie pryse vir haar werk ontvang. Kringe in ’n bos en Fiela se kind word reeds vir meer as 20 jaar in skole voorgeskryf. Sy is een van min Afrikaanse skrywers van wie meer as ’n miljoen boeke in Afrikaans verkoop het. Hierdie dokumentêr werp nuwe lig op dié fassinerende mens en storieverteller.