20 jaar, 20 songs. Onthou jy die meisie wat met Voortrekker-kappies op die verhoog verskyn het met “Afrikaners is plesierig” en regtig nie omgegee het wat enigiemand van haar dink nie? Sy het intussen met harde rock-treffers en sagte ballades Suid-Afrikaners se harte gesteel – en nou is dit 20 jaar later. Karen Zoid vier twee dekades in die musiekbedryf met hierdie vertoning saam met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes.