Om met begrip te lees en betekenisse toe te pas, is die geheim vir suksesvolle leer. Laerskoolonderrig kan leerders se liefde vir lees en hul leervermoë maak of breek. Kundiges gee raad oor leesstrategieë en deel wenke oor hoe om lees lekker en feestelik in die klaskamer te maak. Metodes word ook verduidelik om jong sukkelende lesers in ’n japtrap te help.