In Dean Balie se monoloog deel ’n volwasse man die soet herinneringe van hoe sy ouma, wat die lewe met bokshandskoene trotseer het, deeg geknie en brood gebak het. Balie het die regie self behartig en Elton Landrew was voor die kamera. My ouma – die bakker, die bokser is deel van die Stemme-reeks – ’n reeks kort, kragtige monoloë wat tydens die pandemie met ondersteuning deur LitNet, Suidoosterfees, KKNK en NATi geskep is.