Jan van Riebeeck herroep die lang tog vol ontberings, boonop met ’n knaende vrou aan boord, na die beloofde land waar die buitelyne van ’n berg hulle uiteindelik dynserig begroet. Albert Pretorius skitter onder Marthinus Basson se regisseurshand in dié monoloog deur Ingrid Winterbach. ’n Seereis is deel van die Stemme-reeks – ’n reeks kort, kragtige monoloë wat tydens die pandemie met ondersteuning deur LitNet, Suidoosterfees, KKNK en NATi geskep is.