Twee ervare onderwysers, Oupie du Plessis en Adele Kroukamp, gesels oor hoe onderwysers moontlike uitdagings met die behandeling van Reza de Wet se drama Mis vir graad 12 Afrikaans Huistaal, die hoof kan bied. Dié drama is vir Woordfees TV 2021 verfilm, met Wolf Britz wat die teaterregie behartig het, en Jaco Bouwer die filmregie. Dié stuk word vanjaar weer uitgesaai.