Ontmoet sewe kleurryke, liefdevolle, aweregse narre met manewales en mimiekspel wat jou sal laat lag en laat frons. Babbelagtig is ’n wipwarit van betowering en plesier vir oud en jonk. In 2018 het die produksie KKNK-Kannatoekennings ontvang vir beste debuutproduksie en beste kinderaanbieding. Wim Vorster beskryf dit as “een van die mooiste en verfrissendste toneelaanbiedings in ’n lang tyd.”