Science Café 2021

Engels
Familie
60 Minute
16 July, 2022
6:00
21 July, 2022
3:22
23 July, 2022
6:49
Onderhewing aan veranderinge

Met Dave Pepler en Alakendra Roychoudhury

Die Stellenbosch-wetenskapskafee is ’n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe, met die bekende omgewingskundige, Dave Pepler, as gesprekleier. Al ooit gehoor van die Suidsee, die wêreld se nuutste oseaan? Waar is die Suidsee en waarom moet ons bekommerd wees oor fitoplankton in die stryd teen klimaatsverandering? Dit is net een van die vele vrae wat Dave Pepler gaan stel aan Alakendra Roychoudhury oor daardie uitgestrekte en stormagtige stuk oseaan wat strek, ononderbroke, vanaf die mees suidelike punt van Afrika tot Antarktika. Alakendra is professor in mariene- en omgewingsbiogeochemie in die Departement Aardwetenskappe by die US.