Die Universiteitskoor Stellenbosch Koor is een van die oudste en mees gevierde kore in Suid-Afrika, en bestaan uit studente uit verskillende akademiese en kulturele omgewings, wat bydra tot hul energieke en begeesterde uitvoerings. Die US Koor beklee die eerste plek op die Interkultur-ranglys van 1 000 internasionale kore. Hierdie opname is van die koor se eeste uitvoering met ‘n nuwe repertoire sedert die begin van Covid-inperkings. Dit is spesiaal vir Woordfees TV verfilm.