Zorada Temmingh is een van die land se voorste pianiste en orreliste. Sy het ook al met groot sukses internasionaal opgetree. Vir Zorada in Orrelstemmingh het sy ’n spesiale program vir Woordfees TV op die pragtige ou orrel in die Stellenbosse Moederkerk uitgevoer. Dit sluit spirituele werke deur Justin Knecht, Martin Nystrom en Henry Thomas Smart in. Sy speel ook ’n keur uit Verdi se operamusiek.