Venue en datum van Sho Madjozi-konsert verander

Sho Madjozi tree steeds by die Toyota US Woordfees op. As gevolg van ’n skeduleringskonflik tussen dié kunstenaar se plaaslike en internasionale bestuurspanne, vind haar konsert egter nie meer op 9 Maart in die Toyota Jan Marais Park plaas nie, maar op 6 Maart op die Van der Stel Sportgronde. Sho Madjozi gaan om 19:00 die stadion laat dreun. Daarna volg die groot Dagdrome in die Boland-konsert met Francois van Coke, Early B, Arno Carstens, Jack Parow, Tasché en verskeie ander topkunstenaars.

Sho Madjozi vra om verskoning vir enige ongerief of teleurstelling wat hierdie skuif mag veroorsaak.

 Feesgangers wat reeds kaartjies vir Sho Madjozi se konsert op 9 Maart gekoop het, sal haar vertoning op 6 Maart kan bywoon sowel as die Dagdrome-konsert – sonder enige ekstra koste. Diegene wat reeds Dagdrome-kaartjies gekoop het, kry nou ook die geleentheid om Sho Madjozi te beleef. Dis twee groot konserte vir die prys van een.

Kaartjiehouers wat nie die konsert op 6 Maart kan of wil bywoon, se geld sal deur Computicket terugbetaal word.

KLIK HIER vir kaartjies.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

Foto’s: All who pass

1974: Uitsetting. Die inwoners van Distrik Ses word deur die apartheid-regime uit die hart van Kaapstad verskuif. ’n Gesin bring hul laaste nag in hul

Lees meer »
Nuus
Woordfees

Aankondiging oor Woordtrofees

Gegewe die ontwrigting in die uitvoerendekunste-omgewing as gevolg van COVID-19 (die Korona-virus), word die Woordtrofees-toekenningsgeleentheid van Sondagaand, 15 Maart, uitgestel tot verdere kennisgewing. Die benoemings

Lees meer »