Wen 'n Woordfees-wegbreek vir twee

Kom bars uit jou borrel by die Toyota US Woordfees.

Met 640 unieke aanbiedings in meer as 50 venues in en om die Eikestad is die Woordfees een van Afrika se grootste kunstefeeste.

Die prys sluit in:

  • Twee retoerkaartjies met komplimente van Lift 
  • 12 bottels wyn met komplimente van Stellenbosch Wynroetes (3 x Spier Cap Classique Brut 2020, 3 x Kleine Zalze Cinsault Rose 2020 Cellar Selection, 3 x Lanzerac Sauvignon Blanc 2021, 3 x Blaauwklippen Malbec 2020)
  • Akkommodasie vir twee nagte by Rozenburg Gastehuis
  • Komplimentêre Woordfeeskaartjies ter waarde van R3 000
  • Die Toyota-Pendeldiens sal julle gratis tussen feesvenues vervoer

Skryf só in:

Vul die eenvoudige inskrywingsvorm in.

Die kompetisie sluit Vrydag 8 September 2023. 

Bepalings en voorwaardes:

  • Let wel: Lift vlieg net vanaf Kaapstad, Durban en Johannesburg, en vervoer na en van die lughawe is nie ingesluit nie.
  • Die kompetisie is slegs vir mense wat in Suid-Afrika woon.
  • Jy moet 18 jaar of ouer wees om in aanmerking te kom vir die prys.
  • Pryse kan nie vir kontant ingeruil word nie.
  • Deelnemers moet ’n inskrywingsvorm voltooi om aan die kompetisie deel te neem.
  • Al die data wat jy op die vorm ingevul het, word versamel en gestoor. Die stoor en gebruik van jou persoonlike data geskied altyd in ooreenstemming met die toepaslike databeskermingsregulasies en geldende POPI-wetgewing.
  • Beoordelaars se besluite is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Geen persoon mag namens ’n derde party aan die kompetisie deelneem nie. Alle inskrywings moet persoonlik deur die betrokke deelnemer ingedien word.
  • Indien ’n wenner nie binne vyf werksdae opgespoor en/of gekontak kan word nie, sal die prys verbeur word en sal ’n verdere trekking plaasvind.
  • Die pryse is slegs vir die volgende datums geldig: 13 – 15 Oktober 2023
  • Die pryse is nie oordraagbaar nie.
  • Deur in te skryf vir die kompetisie stem deelnemers toe om aan die reëls, bepalings en voorwaardes van die kompetisie gebonde te wees.
  • Enige ander uitgawes wat jy mag aangaan is nie by die prys ingesluit nie.
  • Die Toyota US Woordfees en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie.
  • Die prys sluit die volgende in: Twee retoerkaartjies met komplimente van Lift, 12 bottels wyn met komplimente van Stellenbosch Wynroetes (3 x Spier Cap Classique Brut 2020, 3 x Kleine Zalze Cinsault Rose 2020 Cellar Selection, 3 x Lanzerac Sauvignon Blanc 2021, 3 x Blaauwklippen Malbec 2020), akkommodasie vir twee nagte by Rozenburg Gastehuis, komplimentêre Woordfeeskaartjies ter waarde van R3 000, die Toyota-Pendeldiens sal julle gratis tussen feesvenues vervoer.

Bly op hoogte van feesnuus. Volg ons op sosiale media:

Galery: Rozenburg-gastehuis

Vir enige navrae, stuur ’n e-pos aan woordfeesbemarking@sun.ac.za