Programaansoeke

Programaansoeke vir Woordfees 2024 is nou oop!

Die Woordfees word vanjaar vanaf 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad aangebied. Aansoeke vir die feesprogram sluit op 22 April 2024.

Doen aansoek vir die onderskeie programafdelings by die onderstaande skakels:

UITVOERENDE KUNSTE:

DANS

KLASSIEKE MUSIEK

KONTEMPORÊRE MUSIEK

TONEEL

GESPREKKE & AANBIEDINGS:

DISKOERS

LANDBOU

LEEFSTYL

SKRYWERSFEES

VISUELE KUNS-PROGRAM

Klik hier vir meer inligting oor die VISUELE KUNS-PROGRAM.

Slegs elektroniese aansoeke sal aanvaar word.

Laai die Woordfees-begrotingstemplaat hier af.

Laai die Woordfees-geselskapvorm hier af.

Let wel: Aansoeke sonder ’n ingevulde templaat vir produksiebegroting en geselskap sal nie oorweeg word nie.

Aansoeke sluit op 22 April 2024

Early bird-afslag: Indien jy voor of op 5 April jou volledige aansoek instuur, hoef jy geen aansoekfooi te betaal nie.

Vir aansoeke wat ingedien word ná 5 April:

Aansoeke moet vergesel word van ’n administrasiefooi. Hierdie is ’n eenmalige bedrag (BTW ingesluit) wat nie terugbetaalbaar is nie:

  • R300 vir alle aansoeke tot die hoofprogram (fooi-, loket- en vennootskap-produksies)
  • R150 vir studente (hoofprogramaansoeke vir fooi-, loket- en vennootskap-produksies)

Meer besonderhede in die onderskeie aansoekvorms.

Vir enige navrae, stuur ’n e-pos aan Corné Venter by woordfeesprogram@sun.ac.za