Programaansoeke
Programaansoeke vir Woordfees 2025 ingewag
Volg die onderstaande skakels om aansoek te doen vir die onderskeie feesafdelings.
UITVOERENDE KUNSTE:
GESPREKKE & AANBIEDINGS
Aansoeke vir die visuele kuns-program, asook die diskoers-, leefstyl-, landbou-, komedie- en skrywersfeesprogram open vroeg Desember. Hou ons webwerf dop vir meer besonderhede.
Slegs elektroniese aansoeke sal aanvaar word.
Laai die Toyota Stellenbosch Woordfees -begrotingstemplaat hier af.
Laai die Toyota Stellenbosch Woordfees-geselskapsvorm hier af.
Let wel: Aansoeke sonder ’n ingevulde templaat vir produksiebegroting en geselskap sal nie oorweeg word nie.
Aansoeke sluit 29 Januarie 2025.
Early bird-afslag
Indien jy voor of op 22 Desember 2024 jou volledige aansoek instuur, hoef jy slegs ’n aansoekfooi van R50 te betaal.
Aansoeke wat ná 22 Desember 2024 ingedien word:
Aansoeke moet vergesel word van ’n administrasiefooi. Dis ’n eenmalige bedrag wat nie terugbetaalbaar is nie:
- R300 vir alle aansoeke tot die hoofprogram (fooi-, loket- en vennootskap-produksies)
- R150 vir studente (hoof programaansoeke vir fooi-, loket- en vennootskap-produksies)
Meer besonderhede in die onderskeie aansoekvorms.
Vir enige navrae, stuur ’n e-pos aan Corné Venter by program@woordfees.co.za