SANLAM-WOW-SPELFEES

’n Spelfees met gees

Produksie: Sanlam-WOW-Spelfees: Nasionale eindronde
Deur: Duné van Jaarsveld
Foto’s: Duné van Jaarsveld

Altesame 539 leerders van 350 skole uit agt provinsies het deelgeneem aan die eindronde van die Sanlam-WOW-Spelfees – die grootste een sedert die Covid-pandemie. Hier is al die wenners!

Stellenbosch het behoorlik gegons met meer as 500 leerders van 350 skole van reg oor Suid-Afrika wat hierheen gereis het om te kom klank en spel in die nasionale eindronde van die 16e Sanlam-WOW-Spelfees.

“Die spelfees is een van die hooffokuspunte van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) en vorm deel van die provinsiale plan om taal in die provinsie te verbeter,” verduidelik Ebrahim Peck, die WKOD se hoofonderwyskundige van die intermediêre- en seniorfase. “Die spelfees is een van die belangrikste kontak- en interaksiepunte met die Universiteit Stellenbosch se WOW-kompetisie. Ons is trots om al jare hierby betrokke te wees.”

Die onderskeie grade van elke taal is by lesinglokale van die universiteit ingedeel. Vanjaar is ook die eerste jaar wat die spelfees ’n ombud by elke graad ingesluit het aan wie ouers hul vrae kon rig.

Dit is baie bevredigend om te sien hoe die kinders deelneem van die begin van die kompetisie tot waar hulle vandag is by die nasionale eindronde.

“Ek moet seker maak dat geen foute insluip nie. As daar ’n ouer is wat nie met iets saamstem nie, nader hulle my en ons klaar dit uit,” verduidelik Denise Priga-Ritter, ombud van die gr. 1’s.

Al die beamptes van die kompetisie is onderwysers van reg oor die land. “Almal wat hier werk, moet hulle laat tuis voel sodat die kinders dit net kan geniet. Al die beamptes moet liefdevol wees, want dit is ouers wie se kinders hier sit – hulle én die onderwysers moes baie opofferings maak,” sê Gail Saaiman, spelfeesbestuurder van die gr. 1-klas.

“Ek het al baie plooie bygekry by WOW, maar geniet dit vreeslik,” sê sy.

Frank Louw, projekbestuurder van die Sanlam-stigting voeg by: “Dit is baie bevredigend om te sien hoe die kinders deelneem van die begin van die kompetisie tot waar hulle vandag is by die nasionale eindrondte.”

Volgende jaar spel ons weer!

Hier volg die volledige lys wenners:

Afrikaans

Gr. 1: Nick Olivier van Kenhardt Primêr, Noord-Kaap.
Gr. 2: Damien Swartz van St John’s Primêr, Noord-Kaap
Gr. 3: Chadia Fransman van Prins Albert Primêr, Wes-Kaap
Gr. 4: Lameequa Andries van Prins Albert Primêr, Wes-Kaap
Gr. 5: Gideon Verster van Jordanië Primêr, Vrystaat
Gr. 6: Rania Fransen van Prins Albert Primêr, Wes-Kaap
Gr. 7: Ruan Maartens van Laerskool Fairland, Gauteng
Gr. 8: Chandré Vister van Hoërskool Zwartberg, Wes-Kaap
Gr. 9: Jané Stolper van Hoërskool Upinton, Noord-Kaap
Gr. 10: Venecia Cornelius van Saxonsea Sekondêr, Wes-Kaap

isiXhosa

Gr. 6: Bongani Iminathi van Mbekweni Primêr, Wes-Kaap
Gr. 7: Eminathi Sefa van Alfred Stamper Primêr, Wes-Kaap
Gr. 8: Lisakhayna Gigi van Hoërskool Sophumelela, Wes-Kaap

English

Gr. 4: Qhakazile Khumalo van Kanonkop Primêr, Wes-Kaap
Gr. 5: Shandu Matumbu van Louis Trichandt Primêr, Limpopo
Gr. 7: Leigh-Gaynon Adams van Perde Eiland Primêr, Noord-Kaap
Gr. 9: Husnaa Kapery van Hoërskool Nasruddin Islamic, Oos-Kaap

Facebook
Twitter
LinkedIn