SPIER TONEEL

’n Onmoontlike hoeveelheid drama

Produksie: Liefdesbriewe
Deur: Nadine Petrick

Liefdesbriewe begin verskriklik belowend en met sterk humor, maar raak later ’n ongemaklike voorlesing van ’n onmoontlike hoeveelheid drama wat jou laat wonder of hierdie lewenslange briefwisseling dalk ’n baie slegte idee was.

André en Melissa se storie begin in 1969. In gr. 2. Dit is ’n verhouding wat strek oor dekades heen en wat grotendeels uitspeel in die geskrewe woord. Die stel is gestroop en funksioneel: twee lessenaars, twee matte, twee liggies, só geposioneer dat die twee spelers langs mekaar sit en na die gehoor kan kyk.

André (Hannes Muller) en Melissa (Elzabé Zietsman) lees afwisselend briewe voor wat hulle vir mekaar skryf. Onskuldige kleintydse uitruilings oor skool, swartbordborsels uitslaan, skivakansies wat skeefloop, mangeloperasies en sokkiejolle met geskeurde lieste sorg vir ’n paar klipharde giggels uit die gehoor. Dis alles baie herkenbare gegewe – jy verplaas jouself terug in ’n tyd van onskuld en drome van Kabouterland en doodgewoon tjommies wees sonder enige agendas. Die premis van dié two-hander is lekker, en ’n mens kan die versoeking om die stuk te vertaal en op te voer geheel en al verstaan.

Dis ’n tenniswedstryd van emosies en misverstande en onbeantwoorde briewe. Daar is verhoudings met ander mense en mislukte pogings tot seks, drank en dwelms en uiteindelik, ná vele jare se probeer-is-die-beste-geweer, gebeur die onafwendbare. En dan nog van dit.

’n Mens snap baie vinnig wie die twee karakters is: André, met sy liefde vir woorde, en Melissa, wat verkies om eerder te teken en te skets, is uiteenlopend in vele opsigte. André word beskou as ’n rowwe diamant en ’n man’s man, terwyl Melissa ’n rykmansdogter is wat sommer vroeg-vroeg al ’n psigiater moet spreek oor al die drama in haar huishouding. Maar hierin lê die éérste probleem. Want wat André veronderstel is om te wees en hoe hy homself in sy briewe uitdruk, tot by die punt waar hy ’n suksesvolle LUR en premier word, is baie ver verwyder van dít wat vir ons verkoop word uit Melissa se briewe. Dit strook doodeenvoudig nie.

’n Hele leeftyd se drama ontvou op die verhoog. En jimmel, is daar drama! Dan hou hulle van mekaar, dan ignoreer hulle mekaar. Dan skei Melissa se ouers, dan lol haar stiefpa met haar. Dan is daar weer skietstilstand tussen Dré en Mel, dan wil hulle mekaar weer te alle koste sien. Regdeur universiteit, deur gunstige loopbaanskuiwe, slegte eerste huwelike, affairs en oorsese reise, bly die twee karakters in ewige kontak en ’n ewige krisis. Dis ’n tenniswedstryd van emosies en misverstande en onbeantwoorde briewe. Daar is verhoudings met ander mense en mislukte pogings tot seks, drank en dwelms en uiteindelik, ná vele jare se probeer-is-die-beste-geweer, gebeur die onafwendbare. En dan nog van dit.

’n Hele leeftyd se drama ontvou op die verhoog. En jimmel, is daar drama! Dan hou hulle van mekaar, dan ignoreer hulle mekaar. Dan skei Melissa se ouers, dan lol haar stiefpa met haar. Dan is daar weer skietstilstand tussen Dré en Mel, dan wil hulle mekaar weer te alle koste sien.

Wat verskriklik belowend en met sterk humor begin, raak later ’n ongemaklike voorlesing van ’n onmoontlike hoeveelheid drama, en hoewel beide akteurs met hulle woorde voor hulle speel, het Hannes Muller doodeenvoudig twintig keer te veel oor sy woorde gestamel, en uiteindelik gesterwe. Ziets het haar als gegee om die uur en ’n half se woordryke teks op haar eie maer skouers te dra, maar met bitter min ondersteuning van haar mede-akteur het selfs sý later gelyk of hierdie lewenslange briefwisseling dalk ’n baie slegte idee was.

Ek wou baie graag van Liefdesbriewe hou, want ek sal immer vir Ziets ’n vlaggie swaai, maar vir die laaste gedeelte van die vertoning het ek gewens die ink van hierdie twee skrywers droog asseblief nou maar eerder op.

*

Liefdesbriewe
15 Oktober 16:00 | 16 Oktober 13:00 | 17 Oktober 12:30 | 17 Oktober | 16:00
Adam Small-ouditorium

Facebook
Twitter
LinkedIn