EASYEQUITIES SKRYWERSFEES
Van woorde alleen kan die mens nie lewe nie
Produksie: Praating oor boeke
Deur: Frieda le Roux
Foto’s: Verskaf
Ons almal weet wat is praating, of hoe? Die gesprek is geadverteer met boeke as tema. Boeke wat inspireer, bybly, beïnvloed. Maar die viermanskap op die verhoog sukkel om by die onderwerp uit te kom. Nie om te praating nie – o nee, vir Peach van Pletzen, Bibi Slippers, Beer Adriaanse en Jaco van der Merwe kan jy niks dáároor leer nie.
As Peach van Pletzen plek op die Woordfees-program kan kry met praating, gaan ek myself in die aanlyn feeskoerant kry met skryfing.
Ons almal weet wat praating is, of hoe? Ek meen, toe Peach dit aan die begin van sy feesdebuut vra, was die gehoor se antwoord ’n dawerende ja. So, hier neem hy en drie ander stelling in op die verhogie, reg vir ’n lekker gesels, klaarblyklik met geen beperking op die hoeveel anderstalige woorde (meestal Engels) wat hulle mag gebruik nie. Praating.
Die eerste ding, lei ek af, is dat Bibi Slippers in die plek van Veronique Jephtas deelneem. Sy sit tussen Jaco van der Merwe en Beer Adriaanse. Jaco en Peach ken mekaar van hulle Bittereinder-dae. Beer… wie sal weet waar kom hy aan Beer?
Die gesprek is geadverteer met boeke as tema. Boeke wat inspireer, bybly, beïnvloed. Het of steeds. Maar hulle sukkel ’n bietjie. Nie om te praating nie – o nee, vir hierdie viermanskap kan jy niks dáároor leer nie. Hulle kom nie heeltemal by die onderwerp uit nie – of nóg nie. Daar is baie aanhalings en voorlesings en ’n paar diep sugte.
Die gesprek dreig om vas te val: Is Afrikaans heilig? Is taal heilig? Wat is die deelnemers se gevoel oor die meng van taal? Ag, come on! Wie is julle? Die sensuurraad?
Vir ’n oomblik is ek aangenaam verras deur Peach se knypbord wat met ’n Mondrian-motief versier is. Ek kom weer in wanneer Beer lees as “eerste gateway drug” beskryf. Wat hallusineer iemand anders wat dieselfde boek as jy lees, wonder Bibi. Jaco meen dis gepas om vir Kurt Vonnegut aan te haal (nie die enigste keer nie) en verwys na die “heavy lifting the reader does”.
Dan glip die gesprek in rat. Vir Beer is dit Douglas Adams se
Maar die lekker is maar ’n vinger lank, inderdaad ’n jong komkommer (Peach meen die woord waterwors is meer gepas en gebruik die res van die gesprek om almal subtiel hiervan te oortuig). Die gesprek dreig om vas te val: Is Afrikaans heilig? Is taal heilig? Wat is die deelnemers se gevoel oor die meng van taal?
Ag, come on! Wie is julle? Die sensuurraad? Gelukkig kry Bibi die wa eiehandig deur die drif: Wyl sy frases deur die twee feesdigters, Antjie Krog en Siphokazi Jonas, bymekaar gemaak het om tydens die fees te gebruik, kom sy af op dié een deur Krog: “Ek vra my ma oor menopouse en sy kyk na my asof ek gesê het internet.”*
Dus: om te lees en te skryf is heilig. Jaco verwys na die “ability om collectively te imagine”. As iets nie heilig is nie, kan dit steeds sacred wees, ’n ritual, help Bibi weer. En skryf is maar net nóg ’n manier om nader te kan kom aan lees.
Wat my bring by my teleurstelling met die manne, Peach inkluis. Verlepte komkommers, slap waterworse. Bibi lei hulle aan die neus rond, stuur telkens die gesprek in die rigting wat sy, as die fees se boekprogramkoördineerder, seker van meet af aan in gedagte gehad het.
Die spannetjie is on a roll, glo ek. Dan vibreer my selfoon: 15:30, my volgende verpligting gaan begin. Maar die praters gaan nie nou ophou praat nie, selfs al is dit wat die programboek beweer.
Plig roep. Ek draf na die Hofmeyrsaal waar Elmari Berry se kookboek The Table bespreek word.
Van praating en skryfing is eeting die lekkerste.
* Uit Lady Anne (Human & Roussea, 1989)
*
11 OKT. 14:30
EasyEquities Skrywerskamer