SPIER TONEEL

Old-school crowd work in goud-accent leisurewear

Produksie: Alan Committie presents Comedy Gold
Deur: Chase Rhys
Foto’s: Verskaf

Comedy Gold is old-school, crowd work, “klap asseblief”-komedie, sê Chase Rhys.

Comedy Gold hou presies by sy titel: It blink. Die tema is “goud”, maa Committie gebrykit eintlik net as springplank narie soot themes wat pa’s laat giggel van herkenning: sport, kak karre, pre-diabetes.

Hy nooi oekie gehoo in. Hy pluk stories ytie audience: “Where are you from, what do you do?” Hy lyste, hy improvise, hy vou hulle lewens innie set in. Is ’n gevaalike game om van vreemdelinge inhoud te maak, live. Maa hy doen it, seemingly seamlessly met soe ’n showman-charm. En is daai gedeeltes wattie show laat voel soes iets wat net venaan gebeurit.

Is ’n gevaalike game om van vreemdelinge inhoud te maak, live.

Is it my tipe jokes? No. Motors en sport is net bokant tax op my lys van dinge wat ek vestaan of aandag wil gie. Maa ek issie minority, mees vannie mense het geskrie vannie lag toe hy praat vannie size van ’n Mahindra, offie krag van ’n Renault Kwid. Maa is iets om iemand te sien wat ’n lag soe jaag. Hy ry nie op ironie of slim sinisme nie. Hy swiet daarvoo in sy gold accented leisure wear. En dai’s waarie goud rêrig lê, nie innie blink ie, maa innie wêk.

Comedy Gold issiie cool-komedie nie. Is old-school, crowd work, “klap asseblief”-komedie. Is fyn opgebou, met hart perform, en effektief.

En annie einde, toe hy byg, bronze, silver en goud gevêrfde flipcharts agte hom soes moeg backup dancers, het ek gedink, die is van ôsse beste.

Facebook
Twitter
LinkedIn