SPIER TONEEL

’n Love story sonder tong

Produksie: Vannie wal, Af.
Deur: Chase Rhys
Foto’s: Gys Loubser

Vannie wal, Af. vertel van twie Stellenbosch-studente wat verlief raak, maa vergiet ommit te wys. Die gesaniteerde representation van queer jong mense in hierdie stuk voel veilag wanne it brave kon wies.

Mikyall Harris, Vannie wal, Af. se skrywer, sê die stuk is vasgewêk yt sy eie romantiese trauma, ytie dubbellewe van ’n bruin gay seun wat van ’n klein dorp af kô en skielik innie “small town to liberal university”-pyplyn beland, waa hy familie, verlange en self moes negotiate. Daai rou kwesbaarheid ennie beslyt ommie private publieke te maak issie engine wat die stuk laat loep.

Die show is ’n love story, it gan oo twie unistudente wat in love met mekaa is. As twie mense veronderstel is om verlief te wies, wil ek it sien. Ek hettie gegloe hierdie twie smaak mekaa nie. Die looks linger nie. Hulle monde ontmoet nooit.

As iemand wat self in dai “small town gay to uni”-pipeline gevallit, wiet ek hoe primal en hormonal hierdie tipe eeste love is. Finally is jy vry, finally kan jy vry! Is ’n sexy era. Daavoo het ek vewag om mee passie te sien, mee hitte. In plaas van dai rou, swietende, hartkloppende eeste liefde, kry ôssie stage version van ’n polite drukkie. Die gesaniteerde representation van queer jong mense in hierdie stuk voel veilag wanne it brave kon wies. Die show is soe skoongeskrop van seks it voel soes iets wat byrie kêk goedgekeur is.

Dean-John Smith speel met vesigtage hoeke en onderbeklemtoning, maa ek wou mee hê. Ammel wiet Dean issie master van charm, maa dai skill wôdie hie gebrykie. As sy Jethro slightly mee likeable was, sou it ’n missing layer bygevoegit, sou ôs mee oo hom omgegie het. Angelo Bergh as Adam mekee mee naïef wies, mee gewond. Die voelie soes sy first time nie, sy Adam is al jaded. Amelda Brand, die regisseur, kan bietere performances yt hierdie twie kry, we’ve seen them do it before.

In plaas van dai rou, swietende, hartkloppende eeste liefde, kry ôssie stage version van ’n polite drukkie.

Mikyall het ’n oor vi dialoog skryf. Daa’s ’n egtheid daarin. Maarie teks se overall struktuur mekee aandag. Die laaste act probee vi ôs fireworks gie, een onthulling narie anne, alles in diesêlle oemblik. Groot skokke verdwyn voo hulle land. Die gehoo hyg nog dan kappie ding al an. Teenie tyd wattie derde revelation val, het ek whiplash. Daa’s geen tyd om te digest nie, niks echo nie. Die onthullings voel soes plot bombs, nie waarhede wat ôs moet dra nie. Ek wens die geheime was vroeër ingeflyste, een vi een, staarag deurie hele toneel, mee bloei minne bars.

Amelda se staging en blocking vestaan ekkie. Veral die death scene, wat soe weird gelandit, en soe lank gevattit, ek ennie couple agte my het involuntarily gelag.

Lover’s Lane is yt bruin papiersakke gebou. Mikyall het vi my vertel daa’s simboliek daarin, wat it symbolize, ek’s nie sieke nie. Maarie effek is mooi, ’n wêreld wat kraak en ritsel onne hulle voete. Die klankontwerp is impressive. Live oppie stage wôd water mee gespeel om soesie rivier by Lover’s Lane te klink, violin stringe is gepluck, die rim van ’n glassie gevryf, ek hoo ratels vi slange, paddas, die klanke lat jy die aarde voel en maakie omgewing visceral.

Teenie einde verlang ek narie stuk wat Mickyall hinted at toe ek met hom voorie show gepraatit: die ongefilterde show oo hoe it voel om jonk, bruin, queer en naïef innie groote wêreld te wies. Dai version vannie show wattie try om mooi te wiessie.

*

Vannie wal, Af.
18 OKT 20:30
Spier-auditorium

Facebook
Twitter
LinkedIn