Kinderfees
Afrikaans
60 Minute
12 October
15:30
15 October
09:30
15 October
11:00

HMS Bloemhof Sentrum

R110-R160 | R140-R190 by die deur

Woordedief is ’n stoute kalant wat jaloers is op almal wat kan lees. Hy probeer woorde, stories, letters, sinne en sommer enige los gedagtes steel, natuurlik tot groot ontsteltenis van kinders wat wil leer lees, spel en skryf. Hier wag lekker opvoedkundige pret vir die grondslagfase met koddige karakters en musiek wat kleintjies se tone
sal laat omkrul.

Met Mia van der Merwe, Wian Taljaard, Kerscha Titus, Eldon van der Merwe

Regisseur en skrywer Margit Meyer-Rödenbeck
Lirieke Margit Meyer-Rödenbeck, Luca Human
Musiekregisseur, verwerking en klankontwerp Coenraad Rall
Stelontwerp Gerrit Snyman
Kostuums Mariska Meyer
Choreografie Carlia Greyling

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers en Suidoosterfees