EASYEQUITIES SKRYWERSFEES: DIGKUNS

Tarmac. Roek. Tong.

Produksie: Prins: ’n Block party
Deur: Chase Rhys
Foto’s: Chase Rhys

True party-mense wiet: Die beste deel vannie aan issie actually die headliner offie VIP-area nie. Issie parking lot. ’n Car-bar. ’n Vinnage hotbox. ’n Vrystuk. ’n Skinne-stuk. Die veskil tussen “we inside” en “we outside”. Dai’s waarie ware conversations gebeu. Confessions. Breakups. Makeups. Groepterapie met ’n soundtrack.

Soe of course is Prins, Ryan Pedro se twiede digbundel, oek in ’n parking lot gevier. Is donke. Ôs loep deu ’n nou alley by Erfurthuis waarie gewone poësie-reëls, sagte stemme, glasies wat kliek en finger snaps verryl wôd vi kisse, beanbags, ’n galleyblik en bier wat yt ’n kar se boot bedien wôd. Die crowd? Gemeng. Softboys, akademici, cousins, queer kids, ou vrinne.

In sy opening speech sit Ryan by ’n kis en praat oorie mic: “Hierdie is ’n baie unorthodox manier om poetry te experience, maa ek dink Prins vra vi niks annes nie. Is ’n boek wat noorag is om te exist in sukke spaces, makeshift spaces. Die boek is obviously geskryf met ’n baie spesifieke community in mind. As ek ytkyk oorie parking lot, is ’n baie diverse group. Soe is oek ’n boek wat community bring, wat kinship soek, in strange en unusual places.”

Die gedigte wat hy voorgelees het, was generous en skêp. No overexplaining. Niks van “net om (virrie wit mense) te contextualise…” nie. Hy’t vertrou ammel sallit vang. Ryan se skryf transcend die mohogany podium-polish van poetry-voorlesings. Syne is tarmac. Roek. Tong. Hy lees deu sirens en anne sagte heckling van straatgelyde. Die gedigte voel verdien. Niks is precious nie. Alles maak saak.

Een vannie highlights vannie aan was toe hy “Diamond Boy” lees, ’n glinsterende stuk mettie lyn:

alles wat ek aan vat moet golden wies
Soe, nee, nog niks poetry geskryf oor slavery nie
of whatever anders die literary plantation se wiele grease nie

Die parking lot-formaat wassie net slim nie. It was polities. Poëties. Stevlyn Vermeulen, sy uitgewer by Kwela Boeke, het it perfek opgesom: “This parking lot idea is like an extension (embodiment) of Ryan’s collection. Gritty and real: there’s nothing pretentious about it. There’s this idea that poetry is reserved for only the intellectuals. A space like a parking lot in the middle of Stellenbosch gives poetry the opportunity to be seen as accessible. How else do you change the literary plantation?”

Ryan se debuut, Pienk ceramic-hondjies (2020), hettie Ingrid Jonker-prys én die UJ-debuutprys gewen. Prins, uitgegie deu Kwela in 2025, is ’n ondersoek na manlikheid en seunwies beide die breekbare ennie brutaal.

Sy eeste boek het opgekyk narie pa. The man. The myth. Hierdie een kyk af. En sê die waarheid met gedigte wat kô as jy die myth begin audit. Ôs vullie gaps met ôsse eie pa’s, uncles, boys wat geleerit hoe om hulle skouers te square lank voo hulle geleerit hoe om “jammer” te sê.

Wat Ryan Pedro gedoen het, was punk. En clever. Hy’t ôssie gevra om in ’n kame te kô sit en stilbly nie. Hy’t die poems gebring na presies waa ôs klaa gestaanit, buite, langsie vuur, innie donke, op soek na ôsse father-figures, of biesig om te try nié soes hulle te wiesie.

Prins: ’n Block party
11 Okt. 20:00
Erfurthuis

Facebook
Twitter
LinkedIn