DISCOURSE

Nou gaan niemand my meer rondfok nie

Produksie: Praating LIVE
Deur: Nadine Petrick
Foto’s: Nadine Petrick

Hoe leer jy ’n aktrise van Sandra Prinsloo se statuur beter ken? Deur ’n bietjie praating en lagging met die een en enigste Groothond, Peach van Pletzen.

“Nou gaan niemand my meer rondfok nie.” Aan die woord is Sandra Prinsloo, channeling die fabulous en genadelose Moekie Koekemoer van die stromingsreeks Koek. But if you ask die Groothond, Peach van Pletzen, to beskryf Sandra, he wil blaf the following woorde uit in sy magtige reverb mikrofoon: ikoon, legend, nasionale skat, sekssimbool, volle professioneel, a real one. En geeskomeet.

On Wednesday 5 October the Fismer-saal in Stellenkakgrootlekkerbosch was volgepak for the enigste Praating LIVE-sessie of the week, and that is totally te verstane, want Peach van Pletzen het self al icon status bereik with his legendariese interviews met famous Suid-Afrikaanse celebs. And throw in the majestic geesperdenergie van Sandra Prinsloo, and you get a whole ander level of onderhoudvoering. Want Praating is a thing, mense, ’n nuutskepping tussen talking en praat, want volgens Peach is die -ing the thing. Praating, leefing, begryping. And that is the only manier how you really get to verstaan ’n aktrise of Prinsloo se statuur.

[Lagging] is part of the medisyne, glo Peach. Lag vat die power away van die goed waaroor jy eintlik wil huil.

Die krag van die Groothond se uur en ’n half lange onderhoud met Sandra Prinsloo lê waarskynlik in die feit dat dié man met sy Magnum PI-snor en liefde vir potassium, régtig na sy gaste luister. Hy vra soms die belaglikste vrae onder die hele son, maar tussen vraag en antwoord lê begrip. Te veel rookie onderhoudvoerders rammel bloot hulle voorafopgestelde vrae af, maar nie Peach nie. En dis in hierdie tussenin-oomblikke wanneer die regte magic, en natuurlik die lagging, gebeur. Want lagging is part of the medisyne, glo Peach. Lag vat die power away van die goed waaroor jy eintlik wil huil.

Soos die Miss Julie-kontroversie met al die bomdreigemente, proteste en veroordelings van 1985: “Terugskouend was dit natuurlik nie lekker nie,” vertel Sandra, “maar selfs toe was dinge snaaks. Die honde het elke aand om my kar gesnuffel om te kyk of daar dalk ’n bom geplant is, en toe vra ek vir die poliesmanne wat maak die hond as daar wél ’n bom is? En hy antwoord: Die hond sit. Ek het so gelag, want ek meen, kan hy nie iets meer dramáties doen nie!” Peach: “Wat as die hond net kakmoeg was daai aand en hy gaan sit? Dan dink almal daar is ’n fokken bom!”

Van motorbomme na taalbomme vat hulle ook die heiligheid van Afrikaans en die taalpuriste aan, hulle praat oor die wanvoorstellings wat mense oor Sandra het en hoe dit voel om ouer te word. Oor die belang van humor staan hulle egter ’n rukkie stil: “Dis die mainstay; dis wat my vorentoe laat beweeg. Humor is my oorlewing. Selfs onder die ergste omstandighede.” Sandra vertel van die navorsingsonderhoud wat sy met ’n groottante gedoen het oor die Boereoorlogkampe – hoe hulle als verloor het en die verskrikkings wat hulle beleef het. “Maar terwyl sy dit vir my vertel, lag sy! Maar dis al hoe hulle oorleef het. Deur te lag vir die ellende.”

Oor die sensitiwiteite van hedendaagse Afrikaanse humor voel Sandra egter sterk: “Ons is jare gelede bevry van die sensuurraad, man, te lekker! Ons kon doen en sê wat ons wou. Maar nou? Nou is óns die sensuurraad. We censor ourselves met wokegeid! Dis baie moeilik om humor te hê as ’n mens totaal woke is, en dis nonsens. Humor lê júis daarin om offensive te wees en júis daarin om dinge aan te roer.” Dis geesperdenergie op sy aller-onwokeste, want die gehoor het dié brokkie opgevreet. “Ek is so bly julle stem saam,” lag Sandra, “ek was nou baie bang julle gooi my met piesangs!” Peach reken Sandra het die lisensie om so iets te sê “and we can only leer and absorbeer. And we can stem saam.”

Waaroor Peach en Sandra ook saamstem, is die gebruik van kunsmatige intelligensie en dat dit inderdaad nie all bad is nie, maar dat die gevaar bestaan dat ons menslike konneksie gaan verloor. “Ek kan my nie indink dat daar AI-karakters in produksies gaan wees nie, want hulle is net te perfek. Ek stel nie belang in perfeksie nie! Dis juis in die imperfeksie waar die kuns tot sy reg kom.” En Groothond blaf in erkenning: “We don’t want perfeksie, we want konneksie. En konneksie is sexy.”

Van sexy gepraat. Peach wou weet wat is vir Sandra die sexyste woord in Afrikaans en without missing a beat sê sy: “Mmmmm. Binneboud”. Maar oor haar gunstelingvloekwoord is ons nou nog ’n antwoord verskuldig: “Nee, ek kan dit nie sê nie. Ek belówe jou ek kan nie!”

We censor ourselves met wokegeid!

Wat sy gelukkig wel kón antwoord, was van meer persoonlike belang vir die Groothond homself: “Jy het al baie saam met my pa gewerk. En ek het ’n vraag. Is hy ’n doos?”

“Neeeee! Hy is ’n baie briljante akteur. En eksentriek. Ek kan vir jou ’n paar stories van hóm vertel!”

In between the dose, piesangs en Koek deur, there was also praating about die dood, scuba diving en gunstelingvoëls. En ook oor die feit dat almal van ons so ’n klein bietjie kommin in ons het. Maar kommin of te not, in this Praating LIVE session die Groothond en the Geeskomeet gave a whole lot of fancy people van Stellenkakgrootlekkerbosch a big dose of potassium for the siel. And sommer kak baie lagging.

Praating LIVE is slegs op 5 Oktober in die Fismer aangebied.

Facebook
Twitter
LinkedIn