EASYEQUITIES SKRYWERSFEES
Binne waa niemand kykie
Produksie: Behind Prison Walls
Deur: Chase Rhys
Behind Prison Walls wysie net wat verkeerd is in os tronke nie, maa imagine wat reg kan wies.
Daniel Steyn voerie gesprek met Sohela Surajpal, wat saam met Edwin Cameron en Rebecca Go die boek Behind Prison Walls geskryfit.
Sohela wêk byrie Judicial Inspectorate for Correctional Services (JICS) of, soes sy sê, “like IPID, but for prisons”. JICS het minne as 300 mense wat mee as 160 000 gevangenes in 243 tronke moet monitor. Hulle inspect, investigate, document en rapporteer. Hulle kan niks afdwing nie. Die departement kan hulle aanbevelings ignore…en hulle doen. “It’s a big job,” sê sy, “but it’s important that we exist.”
Because meeste van os wiettie wat binne ’n tronk angannie. Media kannie net daa binne nie. Sohela sê selfs baie vannie judges en magistrate wat mense tronk toe stuu, het nog nooit self ’n tronk gesien nie. Daavoo is hierdie boek, geskryf deu mense wat elke dag in hierdie ruimtes is, soe belangrik. “Prisons are by design hidden,” sê sy. “Most of us don’t know what goes on inside, and we don’t really care, because some of the people there have done terrible things. But if you look at a prison, you see a reflection of all our problems as a country; race, poverty, addiction, inequality, broken systems.”
Prisons are by design hidden. Most of us don’t know what goes on inside, and we don’t really care, because some of the people there have done terrible things.
Behind those walls mang 156 000 mense en 60 000 van hulle is noggie ees gesentence nie; hulle wag nog. Selle wat gemaak is vi dêtag mense, hou siewentig of tagtig manne. Een toilet, een shower, soms net een uur se oefening (outside time) per wiek. Prisoners slaap op vloere, bo-op lockers, langs dreine. “Anyone who says our prisoners are ‘living in a five star hotel’ has never seen our prisons.”
Wat Behind Prison Walls dydlik maak, is dat ôsse problem met mass incarceration nie ’n accident issie. In 1995 was daa 480 mense in Suid-Afrika met life sentences. Vedag is daa 19 000. Nie omdat daa nou mee crime issie, maa omdat die parlement beslytit dat judges hulle diskresie verloo met standardised minimum sentences, parool het skaa gewôd, en straf hettie manier gewôd om in beheer te voel
Most of the book is actually about hope.
Hulle praat oek oorie dekriminalisering van sekswerk en drugs. Drugs, spesifiek die gebryk en abuse daavan, mekee ’n anne approach, miskien deurie health system, maa it wêkie assie criminal system die een is wat mettit moet deal nie. “The war on drugs was lost,” sê Sohela. “The drugs won. We need a new approach.”
Ôsse tronke is in ’n state, maa tog is daar riedes vi hoop: “Most of the book is actually about hope, reimaging different ways.”
Sy praat oo tronke as “schools for crime,” maa oek oo wat gebeur wanne daai siklus briek, wanne gevangenes wêk, doel of even net boeke kry. In een facility hettie geweld gedrop ná ’n simpel meubelwerkswinkel introduced is. In ’n anne hettie prisoners begin paint en naaldwerk doen met materiaal wat deu local besighede geskenk is. JICS bestuur nou ’n nasionale boek donation program wat dysende boeke versprei na tronke regoorie land. “No head of centre has ever said no to books.”
En dai issie tone vannie boek, nugter, yes, maa hopeful. Behind Prison Walls wysie net wat verkeerd issie, maa imagine wat reg kan wies.