SPIER TONEEL

Om ’n stukkie van die galaxy vas te hou

Produksie: Huis van sand
Deur: Nadine Petrick
Foto’s: Nardus Engelbrecht

Haar loopbaan begin in ’n sepie en uiteindelik kry sy ’n IT-graad. Vir iemand wat nog nooit regtig teater gedoen het nie, was ‘Huis van sand’ dus ’n groot oomblik. KRISTEN RAATH gesels met NADINE PETRICK oor haar pad tot hier.

Sy lag nie nét met haar mond of haar oë nie. Sy lag waaragtig met haar hele lyf. Sy is pragtig, jonk, angstig, en as jy die laaste ruk mooi opgelet het in die klas, óral. Kristen Raath het haar kar in Park gegooi en uitgeklim, en sy gaan nêrens heen nie.

Sy is hier om te bly.

Vir iemand wat nog nooit regtig teater gedoen het nie, is dit ’n groot oomblik dié. Sy Huis van sand saam met groot name. “I’ve been humbled op die mooiste maniere. Ek is geskaaf en geskuur deur die incredible span. Maar jis, ’n shout-out to Tinarie [Van Wyk Loots]; sy is soos ’n ma vir my nou. Sy is ’n engel wat spesiaal vir my gestuur is.”

Kristen was ’n pliggie, dit tel ’n mens op in die manier hoe sy haarself dra; hoe sy nadink voor sy antwoord. Ma se slimste kind, onseker oor haarself, ja, maar goed met wiskunde en waarskynlik alles anders. Uiteindelik sit sy met ’n IT-graad (cum laude, of course) agter haar naam, maar ag, soos dit maar gaan, byt ’n vieslike gogga haar. Daai selle een wat ’n klomp mense gebyt het wat hierdie week iewers in Stellenbosch kuns en kultuur maak. En dis mos ’n ongedurige jeuk wat jou nie los nie.

Die stuk is heavy. Elke keer as ek van die verhoog af klim, beleef ek ’n emotional release. Ek dink almal sal op ’n manier kan relate met ’n stukkie van die trauma, of dit nou die toxicity van die verhoudings is of die violence of wat ook al.

Haar loopbaan begin op 19, by die TV-sepie 7de Laan. Sy besef sy was waarskynlik heeltemal te groen en te jonk vir die relentlessness van daai worsmasjien. Ook, soos met alle akteurs en aktrises, het die onsekerheid geknaag as sy nie ’n rol kry nie, maar nou glo sy karakters kies jou. Sy weet sy het eers in die laaste twee jaar haar stem én selfvertroue gevind. En kom ons wees eerlik, it shows. Kyla in Wyfie, Ria [die vrou van Beer Adriaanse se karakter, André] in Niggies en Zené in Die nuusmakers. As spirituele mens glo sy ook dat die regte goed gebeur op die regte tyd, soos nou met Huis van sand.

“Die stuk is heavy. Elke keer as ek van die verhoog af klim, beleef ek ’n emotional release. Ek dink almal sal op ’n manier kan relate met ’n stukkie van die trauma, of dit nou die toxicity van die verhoudings is of die violence of wat ook al.”

Dianne Du Toit Albertze se bekroonde teks was en bly vir haar ’n wake-up call. “Ek het besef, vanuit my eie bevoorregte posisie, dat ek die meeste van my eie trauma en toxicity gekies het; dis nie vir my gegee nie. I chose it, en as ek nie self kies om die vicious cycle te breek nie, gaan ek dit ook vir die volgende generasie aangee.” En verder: “Geniet is seker nie die regte woord nie, want die uitdaging is groot, maar ná hierdie gaan daar tien teen een ’n stukkie van myself op die verhoog bly lê. Ek gaan ’n korreltjie bly in die huis van sand.”

Die rol van Kyla in Wyfie het baie dinge vir haar oopgebreek. Sy het Kaap toe getrek spesifiek vir die rol. “Soos wat Kyla gefokus het op Uuniversiteit… she had a lot riding on it… And I had a lot riding on her. Kyla is al my insecurities heightened. Dit was nie noodwendig die maklikste karakter vir my nie! Ons het baie geskiet, ons het móég geraak.”

Hulle het byna ’n jaar lank gewerk aan die veelbesproke reeks van 90 episodes wat op Showmax uitgesaai is. Sy het later gesukkel om die karakter by die werk te los en nie saam te vat huis toe nie. “Dit was baie uitdagend, maar ek het baie geleer van myself. En ons het nie dieselfde seksuele oriëntasie nie. Haar storie is eintlik my broer se storie. Deur die karakter te ontleed het ek uiteindelik ook my broer begin verstaan. Ek het die rol só baie geniet, maar sy het my moeg gemaak, man!” Sy lag weer met haar hele lyf.

Wat Niggies betref, kan sy steeds nie glo dat sy goud raakgeboor het met dié ikoniese reeks nie. Sy was verreweg die jongste aktrise wat ’n oudisie gedoen het vir die rol van Ria. Dit was haar eerste oudisie ná Wyfie, en niemand het haar geken nie. Maar die karakter het net dadelik met haar gepraat.

Geniet is seker nie die regte woord nie, want die uitdaging is groot, maar ná hierdie gaan daar tien teen een ’n stukkie van myself op die verhoog bly lê. Ek gaan ’n korreltjie bly in die huis van sand.

“Die girls in Wyfie was die beste female scene partners wat ek nog ooit gehad het, maar jis, Beer Adriaanse was een van die beste male scene partners ever. Hy het tyd gemaak vir my as ek wou poke en probe aan tonele. En, natuurlik, ook om Jaco [Bouwer, regisseur van Niggies] se brein te navigate was ongelooflik – sy brein is een groot prentjie. Maar hy is baie awkward en ék is baie awkward, en daarom was dit by tye vreemd!”

Dit was die eerste maal dat sy ’n regte mens moes speel – ’n voorreg, maar ook ’n groot verantwoordelikheid. “Alles was stardust. Daar was ’n vibrasie in die lug, it was meant to be. Almal was daar vir ’n rede. Ons het ’n stukkie van die galaxy hier beetgekry en kon dit vir ’n rukkie net vashou.”

En ná Huis van sand? Gaan daar weer teater gepleeg word?

Sy hoop van harte so. “Ek het nou ’n veilige hawe gevind met hierdie span mense en ek sal dit love om weer saam met Tinarie te speel. En imagine Jaco direct, hoe amazing sal dit wees! Maar ja, ek het besef ek het nie teater begin doen om veilig en gemaklik te voel nie. Ek moet seker maar iets doen wat my gaan bang maak! Ag, en as iemand my bel en sê hulle het ’n rol vir my, dan kak ek ’n eiland!”

En dit gaan waarskynlik baie gouer gebeur as wat sy dink.

’n Eiland vol stardust.

*

Huis van sand
16 OKT 20:30 | 17 OKT 09:30
90 min kykNET Rhenish Girls’ High
R215-R320 | R245-R350 by die deur

Facebook
Twitter
LinkedIn