EASYEQUITIES SKRYWERSFEES
Paneelgesprek: Lees jy nog?
Produksie: Reaching Readers
Deur: Chase Rhys
Lees jy nog? Dai issie vraag van ôsse tyd. Wan in ’n wêreld vol tech en masjiene wat presies wiet hoe om ôsse dopamien te kietel, voelie gedrukte woord stil, staarag, geduldag, actually ’n bietjie rebellious.
Bibi Slippers hettie gesprek Reaching Readers byrie Woordfees begin mettie vraag: “Lees jy nog?” Nie wát lees jy nie, maa lees jy nog – enigiets, period?
Dai issie vraag van ôsse tyd. Wan in ’n wêreld vol tech en masjiene wat presies wiet hoe om ôsse dopamien te kietel, voelie gedrukte woord stil, staarag, geduldag, actually ’n bietjie rebellious.
Die paneel wat Bibi bymekaageroep het, ken daai stryd goed. Helené Coetzee, boekbemarker, het vetel sy maak tyd vi lees soes ’n afspraak. “Is in my dagboek,” sê sy. “My man weet, moet my nie dan pla nie.” Sy sê vi ouers dieselfde wanne hulle vra hoe om kinnes annie lees te kry: “Sit dit op die chore list. Nie dat dit ’n chore is nie. Maar maak dedicated tyd daarvoor.”
Marion Erskine is oek oppie panel. Hy’s ’n skrywe en admin van Lekkerleesboekrak, ’n Faceboekgroep vol gewone mense wat oo boeke praat sonder skaamte. “Mense voel veilig,” sê hy. “ ’n Gewone antie van Klerksdorp kan oor ’n boek skryf en ’n spelfout maak. Sy’s nie ’n academic nie, maar sy kan haar mening deel en voel sy is deel van iets groters.” Sy Faceboekgroep het al oorie 12 000 lede. Is ’n ware literêr democracy.
’n Gewone antie van Klerksdorp kan oor ’n boek skryf en ’n spelfout maak. Sy’s nie ’n academic nie, maar sy kan haar mening deel en voel dat sy deel is van iets groters.
Die content creator Hayley Malan bring boeke na plekke waa min mense it verwag. Sy’s op ’n mission om stil-stil ’n niewe leserskap te bou. Sy’s gewild, haa followers kô virrie leefstyl, maa dan hoo hulle ampe “accidently” oek oo boeke. Haa strategy om lesers te bereik is om boeke deur te glip terwyl hulle mid-scroll is. “Ek wil mense bereik wat gewoonlik by ’n boekwinkel sou verbystap,” het sy gesê.
En toe was daa Sven Axelrad, die romanskrywer wat sy gemak in ’n strategie verander het. Hy dra oral dieselfde rooi kêppie, jeans en T-hemp. “Dis jou outeursuniform,” het Bibi gespot. Hy’t gepraat oorie aestethic van ’n author wies en hoe it help om instantly recognisable te kan wies.
Die aandag-ekonomie maakie net lees moeiliker nie, it maak it moeiliker om ’n skrywer te wies. Jy moet vedag mystic woord magician en marketing genius wies, recluse en influencer, Tolstoy met ’n ringlight.
Die paneel het gesels oorie veskil tussen skrywer en author. Die skrywer is eensam, isolated, die een wattie wêk maak. En dan is daa die outeur, die public brand, wat ’n memorable look moet het, ’n social media strategy en by boekklubs opdaag.
’n Kar vol bokse boeke en besoeke aan boekklubs is Helené se suggestion vi hoe outeurs vedag hul lesers bou, een sitkame op ’n slag, met handaflewerings aan mense wat koep. “Dis stadig,” sê sy. “Uitputtend.” Bibi het geknik. “En ’n bietjie irriterend,” het sy bygevoeg.
Want hier’s die stil waarheid wat almal omgedraai het: die aandag-ekonomie maakie net lees moeiliker nie, it maak it moeiliker om ’n skrywer te wies. Jy moet vedag mystic woord magician en marketing genius wies, recluse en influencer, Tolstoy met ’n ringlight.
En tog, wat ytie die gesprek gekô het, wassie hopeloos nie. Tussenie Facebook-tannies, Bookstagram, Booktok en home-deliveries is daa ’n scrappy soot hope. Ek dinkie trick vi literatuur se survival gannie oo hoe ommie algoritme te outsmart nie, maa om it te outlast, een stubborn leser op ’n slag.
*
Reaching Readers
15 OKT 10:00
EasyEquities Skrywerskamer