SPIER TONEEL

Ons weet wat hulle sê van Slim en sy Baas

Produksie: Algemene kennis
Deur: Nadine Petrick
Foto’s: Nadine Petrick

‘As jy besluit om die konsep van ’n wenresepspeletjie te omskep in ’n Woordfeesproduksie, waar daar wonderwerke soos ‘Ek is nie Danie’ en ‘Huis van sand’ debuteer, dan moet jy presies seker maak jy weet wat jy doen. Wat ’n mens nié moet doen nie, is om te dink jy is slimmer as jou gehoor, skryf Nadine Petrick nadat sy ‘Algemene kennis’ meegemaak het.

Die skrywer en joernalis Theunis Strydom is vir meeste kykNET-kykers waarskynlik eerder bekend vir ’n heel ander rede as sy woordvaardigheid – hy was inderdaad die eerste persoon wat ’n halfmiljoen rand gewen het in die speletjiesprogram Wie word ’n miljoenêr? Dis darem glad nie te versmaai nie.

Sedertdien word hy gereeld gesien op verskeie plekke waar mense se algemene kennis getoets word; en daar waar hy sy kaalkop vol nuttelose (maar uiteraard ook waardevolle) feite ten toon kan stel. Dat die man baie dinge weet, is ’n feit so seker soos die miljoenrand-antwoord op ’n speletjiesprogram.

Vraag ná vraag, minuut ná minuut, sit ’n mens en wonder wanneer die punchline van die produksie gaan inskop. Erger nog, jy begin jou eie vermoë tot interpretasie betwyfel. Is dit ’n komedie? Want dit voel nie so nie.

As jy dan besluit om die konsep van die genoemde wenresepspeletjie te vat en dit te omskep in ’n Woordfeesproduksie, waar daar wonderwerke soos Ek is nie Danie en Huis van Sand debuteer, dan moet jy presies seker maak jy weet wat jy doen. Jy moet jou teks fyn uitwerk; jy moet dit oorweeg om ’n aardskuddende twist in jou narratief in te bou en dan moet jy seker maak jou gehoor stap daar uit in verwondering. Of dan ten minste sweterig van al die gelag. Iéts moet gebeur, anders kon jy by jou huis in Durbanville gebly het en bloot ’n rerun gekyk het van die episode waar Theunis ’n geldjie gewen het. Of jy kon Beer se Bier-uur bygewoon het en dalk sommer op die koop toe sélf ’n rand of twee gewen het. Wat ’n mens nié moet doen nie, is om te dink jy is slimmer as jou gehoor. Want ons weet wat hulle sê van Slim en sy Baas.

Die vervaardiger, skrywer en regisseur van die stuk, Corné Koegelenberg, speel die rol van die vloerbestuurder wat, vóór die vertoning begin, op die verhoog storm en met die gehoor begin praat asof hulle regtig deel is van die opname. Hy moet seker maak die produksie skop af op tyd, dat die gehoorlede op die regte plek hande klap en dat hulle tog net in hemelsnaam nie gedurende die opname moet hoes nie. Vir ’n oomblik werk dié gegewe – dis gimmicky, maar dis okay. Fastest fingers first, en uiteraard wen Theunis die eerste afdeling van die spel. Hy speel dus homself in die fiktiewe program Wie weet wat? En daarmee saam die hoop om, anders as in die regte lewe, ’n miljoen rand los te dink.

Die program skop af. Die aanbieder, Tiaan Vermaak, het ongelukkig geensins die finesse of die komiese tydsberekening om ’n parodie van ’n Rian van Heerden te wees nie. Hy is ’n bedorwe mannetjie wat sy voetjies stamp, in die advertensiebreuke opspring om te vape en om voicenotes oor sy troeteldiere vir sy ma te stuur. Daar is ’n blitsvinnige innuendo van ’n romantiese verbintenis tussen die vloerbestuurder en meneer Vermaak, maar die vrugte hang só laag, dis al amper gekookte konfyt.

’n Mens kon letterlik hoor hoe die gehoor kopkrap. Het hy dan nou gewen of nie? Was dit aspris? vra iemand ná die tyd. En as dit was, dan was dit ook héél doelloos.

Vraag ná vraag, minuut ná minuut, sit ’n mens en wonder wanneer die punchline van die produksie gaan inskop. Erger nog, jy begin jou eie vermoë tot interpretasie betwyfel. Is dit ’n komedie? Want dit voel nie so nie. Lewer dit sosiale kommentaar, want ’n mens wonder waaroor? Is dit onbevredigend? Ongelukkig, ja. Wat verder kwel, is die etlike spel- en taalfoute van die vrae wat op die skerm geprojekteer word. In ’n laaste ongelukkig wending word die verkeerde antwoord van die wenvraag op die einde belig. ’n Mens kon letterlik hoor hoe die gehoor kopkrap. Het hy dan nou gewen of nie? Was dit aspris? vra iemand ná die tyd. En as dit was, dan was dit ook héél doelloos.

Een van die vrae wat Theunis moes beantwoord in sy pad na miljoenêrskap is: “Wat is een van die hoofbestanddele van ’n malvapoeding soos vervat in Annette Human se Wenresepte?” Die korrekte antwoord, ná ’n gesukkel en selfs nadat die slim man sy ma moes Phone a Friend, is appelkooskonfyt, en nie brandewyn soos hy vir ’n oomblik gedink het nie.

Al wat dit vir my sê, is dat ’n mens soms maar ’n wenresep moet los nés dit is.

*

Algemene kennis
16 OKT 14:30
Drostdy-teater

Facebook
Twitter
LinkedIn