SPIER TONEEL
As God gie, en dan wee vat
Produksie: Kinderlê
Deur: Chase Rhys
Foto’s: Nardus Engelbrecht
Lynthia Julius se Kinderlê bring ’n stuk Namakwalandse geskiedenis uit 1867 terug na die lig. Is rof en spiritueel, die tipe teater wat jou nie troos nie, maa laat onthou.
Som stukke vou staarag oep. Kinderlê issie soe ’n stuk nie, hierdie show bas! Die show begin, ligte flikker, ’n whip kraak, ieman skree, lywe wôd getorture, gode wôd gequestion.
Is 1867 se Namakwaland. 32 Nama-kinnes is deu San-manne vermoo terwyl hulle ouers innie kêk is. Kennis van daardie tragedy gie meaning annie woorde (name) wat oppie backdrop appear, en it vedydlik hoekô ’n klip met 1867 daarop geskryf deel vannie stel is. Hierdie stuk verwag dat jy ’n bietjie geskiedenis van vooraf wiet. Vi niewe gehoore wattie dai konteks hettie, sal ’n eenbladsy-opsomming, ’n monoolog of ’n kôt voice-over annie begin vannie show vi ammel op dieselle blaai sit.
Kinderlê is gebasee op Lynthia Julius se bekroonde digbundel met dieselle naam wat in 2024 gepublish is. Sy’t oek die teks virrie show geskryf. Lynthia se stem is onmiskenbaa, poëties en vulgêr met ’n doel. Lesers van Lynthia se wêk wiet al wat haa gunstelling-vloekwoorde is. Haa taal byt, en meeste vannie tyd tref it perfek. Daai lekker Namakwa‑vloek laat mense lag, natuurlik. Maa hie’s heavy moments innie stuk, en daa’s altyd iemand innie gehoor wat gan giggle as hulle ’n vloekwôd hoo. Soms is stilte mee vernietigend as ’n “k**t.”
Lee‑Ann van Rooi kry kragtage, tekstuurvolle performances yt haa akteurs, veralie vroue. It maak sin, Lee-Ann is een vannie land se beste akteurs en is ’n actor’s regisseur. Jy voel haa hand innie physicality vannie performers, in hulle facial expressions, innie stilte tussen woorde.
Miché van Wyk, net soes Lynthia Julius, is vannie Noord-Kaap. Mens kan sien vi haa is dié nie net speel-speelie. Is bloed en grond en ware ervaring. Is daa in haa lyf, is in haa mond.
Miché van Wyk gie ’n gegronde performance as Maria. Sy, net soes Lynthia Julius, is vannie Noord-Kaap. Mens kan sien vi haa is dié nie net speel-speelie. Is bloed en grond en ware ervaring. Is daa in haa lyf, is in haa mond. Maa partykee verloo ôs haa. Die laaste woorde van haa sinne val soms weg. In ’n stuk so poëties soes dié dra daai laaste woord gewig. Sy moet die emosionele golf ry tot oppie laaste klank. Asseblief, Miché, finish the prayer, Amen.
Theodore Jantjies as Dawid maak ’n interesting keuse, sy performance sal settle hoe mee hulle die show doen. Lynette du Plessis gooi haaself in haa rol in, lettelik, ’n danser, sy bring ’n siekere grace na ’n haa karakter, Lena, ’n wille ghoose. Damian Jacobs as die San-man is visually treffend, maa hy bookmark die show, daa innie begin en einde en ek dink hy verdwyn te lank. Hy speel tog die main villain. It kan kragtag wies as hy deurgaans mee verskyn, al is it innie background, soes ’n skaduwee, ’n warning, ’n threat.
Die stel sukkel partykee onne sy eie symbolism. Die name wat geproject wôd. Die nommes op ’n klip. Die klippe as kinnes. Daa’s een bêg oppie verhoog. Hoekô net een? As it simboliek is, sê it vi ôs. As nie, voel it net kaal.
Ná die debuut show het Lynthia Julius gesê sy’t “ ’n hand op haar skouer” gevoel. Asof die geeste vannie kinnes waaoo die stuk gan vi haa dankie sê. Nou dai issie stuk. Issie net geskiedenis nie. Issie net skok nie. Maa erkenning. ’n Stil flystering van ek sien jou, ek onthou jou, ek dra jou saam.
Kinderlê vat jou nie annie hand nie, it gryp jou by jou keel vas.
*
Kinderlê
16 OKT 16:00 | 18 OKT 09:00 | 19 OKT 18:00
Idasvallei Primêr