DANCE
In case of memory, break open body
Produksie: Die een wat bly
Deur: Chase Rhys
Die een wat bly is ’n meesterklas in cohesion, sê Chase Rhys. Elke element luister en wêk saamie anne.
Hierdie dans-teaterstuk, onnerie regie van Wessel Pretorius en met choreografie deu Natalie Fisher van Figure of 8 Dance Theatre, vertelie storie van ’n man wat deu tyd beweeg, ’n ouer self wat terugkee na memories van kindwies, verlies en liefde.
Die spelers Grant van Ster, Shaun Oelf en Daneel van der Walt spring, draai, gooi hulle lywe terwyl hulle monde woorde sê. Is ongelooflik fisies, maa hulle lyk lig, byna gewigloos, nooit ytasem, nooit met sigbare moeite nie. Hulle’s net soe stêk akteurs soes wat hulle dansers is. Hulle speel alles; ou mense, kinnes, ma’s en pa’s. Gender, ouderdom, tyd… alles gly. En jy gloe elke oemblik.
Special mention virrie ballroom stukkie, finally vogue by Woordfees! Woordfierce!
It is ’n dansstuk, maa een met incredible skryfwêk. Die dialoog is poëties: “Hy dig met sy vel.” Sê die kin se pa. Die imagery is vivid en emosioneel. Daa’s humor oek, fyn verweef met hartsee. Die result is ’n gesofistikeerde tapestry van woorde en movement.
Ek het al similar stukke gesien waarie dans ’n tipe miming vannie teks is. Maa dai issie die case met Natalie se choreo nie. Haa moves praat in subteks. Issie die same-old recycled contemporary moves ie, haa frases is vars en original. Special mention virrie ballroom stukkie, finally vogue by Woordfees! Woordfierce!
Die stel is ’n paa suitcases en ’n eetkamertafel. Dai’s al. En ’n lap. Oh dai stuk lap! I can’t wrap my brain around hoe een lank stuk wit stuk fabric ’n ballgown, water, vlerke, Moeder Maria se kopdoek, ’n trourok, ’n bad reg voo my oë veanne hettie. Daa’s moments waa ek gevoelit ek kyk ’n magic show, die lap veanne vinnag na iets annes en props verskyn en verdwyn seamlessly, asof it geconjure is.
It is ’n dansstuk, maa een met incredible skryfwêk. Die dialoog is poëties: ‘Hy dig met sy vel.’ Sê die kin se pa.
Die background is ’n projection van Nell van der Merwe se video’s, wat ’n kunsstuk op sy eie is. It support die storie sonder om ooit distracting te wies. En Gideon Lombard se beligting is net soe indrukwekkend, elke cue, elke fade, elke sagte pool van lig land presies waa it behoort.
Die stuk het my lat dink aan my eie ma. En haa ma. Hierdie stuk het dinge in my gebriek, dinge vi my oepgemaak. Iets tussen lyf en lineage. Soes ek in dai Bloemhof-skoolsaal sit, was ekkie net ’n audience member nie, ek was self wee ’n kin. Ek was ’n kin van ’n kin.
*
Die een wat bly
16 Okt. 13:00 | 18 Okt. 16:00 | 19 Okt. 13:00
75 min |HMS Bloemhof-skoolsaal
R220 | R250 by die deur