SPIER TONEEL
Hoe ouer en kind mekaar halfpad kan vind
Produksie: Rescue Remedy
Deur: Dianne de Toit Albertze
Foto’s: Francois Odendaal
Rescue Remedy is ’n energieke, prettige komediedrama wat ’n verfrissende blik op die konvensie van ouer-en-kindkonflik bied, sê Dianne Du Toit Albertze.
Ná ’n suksesvolle onafhanklike speelvak by Toneelhuis in Kaapstad en Theatre Arts Admin in Observatory het Roland du Preez en Tailyn Ramsamy besluit dis tyd om die stuk na die feeste te bring – eers die Vrystaatse Kunstefees vroeër vanjaar en nou die Woordfees. Die produksie pas Stellenbosch soos ’n handskoen, want hier is vele jong mense en hulle ouers wat sal aanklank vind by die storie oor die stryd van verskillende generasies om tot versoening te kom.
Die N7 in die nag spoel oor Die Kind, vertolk deur Du Preez. Hy is besig om te bestuur en sing boonop ook luidkeels saam met ’n golden oldie op die stereo – die stuk is gevul met van die gewildste hits van onder andere Joni Mitchell en Meat Loaf. Binnekort flikker die petrolliggie en Die Kind moet ’n plan maak. Hulle* bel eers die kardiens, wat ’n belaglike prys vra om hulle langs die pad te kom help. Daai gedagte word gou geskrap. En wie word maar op die ou einde gebel? Pappa. Maar dié is ’n spicy character, en hy is nog vies oor Die Kind se uitbarsting vroeër by die braai.
Met ’n vernuftige gebruik van fragmented terugflitse kleur Du Preez vir ons die soms stormagtige, soms xhoulag-snaakse oomblikke en soms ontroerende band tussen ouer en kind uit. As gehoorlid word ’n mens transport na jou kleintyd: Pa en Kind is op pad kleuterskool toe en hulle moet katvoet loop omdat Pa ’n slak bly stukkend trap. Dan word na ’n toneel nader aan die hede beweeg waar Die Kind besig is om na ’n lesbian rockband te luister terwyl hulle rokke aanpas.
Die Pa is bang vir Die Kind, wat hy “Liefie” noem. Hy weet hoe wreed die wêreld is.
Maar Die Kind wil eerder vra: Kan die mense om my nie maar eerder hulle reaksies verander nie? Hoekom moet hulle hulleself verander?
Die produksie pas Stellenbosch soos ’n handskoen, want hier is vele jong mense en hulle ouers wat sal aanklank vind by die storie oor die stryd van verskillende generasies om tot versoening te kom.
Ná ’n break-up met ’n boyfriend is daar ’n toneel wat die hart laat sink. Die Kind vra dat hulle pappa net by hulle moet wees, sonder om te praat, net langs hulle moet staan terwyl Die Kind hulle comfort food maak: appelkooskonfyt-en-kaastoebroodjies.
Rescue Remedy is ’n energieke, prettige komediedrama wat weet hoe om stilte te benut en boonop ’n verfrissende blik op die konvensie van ouer-en-kindkonflik bied. Hier is die ouer se kant ook geldig en dit word volrond aangebied. By tye was die karakterisering van Die Pa grensend aan die argitipe met stem, en lyfwerk wat subtiel kan verskil van Die Kind s’n. Die resensent wil Du Preez aanmoedig om Die Pa meer te internaliseer, want die res is klaar daar om hierdie ’n treffende stuk te maak. Ramsamy kwyt hulle goed van hulle taak met ’n praktiese en simplistiese stel, en dis ’n puik tempo en ritme waarmee Du Preez se stuk georkestreer word.
‘n Storie wat nog baie mense diep gaan ontroer en vrek lekker laat lag!
* “Hulle” word as voornaamwoord gebruik om na die nie-binêre akteur te verwys.
*
Rescue Remedy
15 OKT 17 :30
50 min | Adam Small-laboratorium
R140-R200 | R160-R230 by die deur